#WILGIELAND
kultuur
Kultuur
REDENAARS
By Wilgerivier is Kultuur vir ons ‘n passie en die Wilgies presteer jaarliks uitstekend in die verskeie redenaarskompetisies. Buiten die Afrikaanse en Engelse skoolkompetisies, neem ons jaarliks deel aan die ATKV-Redenaars.
Ons het ook ‘n hele aantal leerlinge wat deelneem aan die Radikale Redenaars en Oppie-Tong-Af-Redenaarskompetisies.
Kom wees deel van ‘n groep kinders wat die durf het om as leiers voor mense te praat!
Hoërskool Redenaars Onderwysers
Onderwyser
Lorette Muller
Hulp
Karen Victor
Hoërskool Redenaars (Engels)
Hoof
Monica van Heerden
Laerskool Redenaars Onderwysers
Onderwyser
Piet Rautenbach
Hulp
Zelda Macdonald
Laerskool Redenaars (Engels)
Hoof
Nadine van der Merwe
Hulp
Melani Vlok
Youth Summit
Monica van Heerden
Kultuur
DEBAT
Die Wilgies het in 2015 begin deelneem aan die ATKV-Debat en gaan jaarliks van krag tot krag.
Ons neem ook jaarliks deel aan die Dink-of-Sink-Debatskompetisie in Bloemfontein.
Hoërskool ATKV Debat: Seniorspanne
Marike Muller, Isa-Mari van den Berg, Ziané van Niekerk, Andries Richter, Cilliers Muller, Jorinda Wessels
Hoërskool ATKV Debat: Vrystaatspanne
Marike Muller, Isa-Mari van den Berg
Debat Onderwysers
Lorette Muller
Karen Victor
Kultuur
REVUE
Hoërskool Wilgerivier se revue is ‘n jaarlikse aktiwiteit wat deur die hele gemeenskap geniet word.
Dit is ‘n aktiwiteit in die skool waaraan elke kind kan deelneem en kan geniet. Leerlinge se musiek en ritme vaardighede word ontwikkel en hulle koreografeer baie van die liedjies self.
Die Revue is ‘n hoogtepunt op Hoërskool Wilgerivier se kalender.
Revue Onderwysers
Graad 4
Melani Vlok
Dalene Muller
Marli Vlok
Graad 5
Esthie Muller
Chané Rautenbach
Lizelle Diamond
Graad 6
Tanya Schultz
Kotie Ungerer
Zelda Macdonald
Graad 7
Lorette Muller
Charlene Claasen
Graad 8
Karen Victor
Liesl van Coller
Graad 9
Nadine van der Merwe
Sanri van der Walt
Graad 10
Monica van Heerden
Susan Rautenbach
Graad 11
Wilmie Greyling
Juanita Richter
Elizma Ackerman
Kultuur
VCSV
Die VCSV vergader Woensdag oggende tydens Bybelperiode. Kringleiers lei klein groepies om Bybelstudie te doen.
Hoof
Juanita Richter
Jandre Labuschagne
Hulp
Kotie Ungerer
Elizma Ackerman
Kultuur
WILGIEDANS
Die Wilgiedans is ‘n jaarlikse instelling wat deur die graad 11- jaargroep aangebied word. Tydens hierdie geleentheid word Mnr en Mej Wilgies asook Mnr en Mej Wilgie Persoonlikheid gekies.
Kultuur
Voortrekkers
Wie en wat is die Voories? Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging, wat die Afrikaner, in besonder sy jeug, toerus en bemagtig om as konsekwente Christene, moderne Afrikaners en positiewe Burgers van Suid-Afrika ‘n verskil te maak.
Sjoe… Dis nogal ‘n mondvol, maar moenie bekommerd wees nie. So kuier-kuier en speel-speel help ons mekaar om dit reg te kry. Van kamp, vuurmaak, kosmaak, drilsessies, speletjies…. tot omgee, saamstaan en koers hou.
So… as jy die lewe geniet en gereed is vir die avontuur van jou lewe, sluit aan by die Voortrekker Kommando!
VOORTREKKERS HOU KOERS!
Hoof
Susan Rautenbach
Bestuur
Piet Rautenbach
Voortrekkers Hulp
Anita Oberholzer
Illona Budiscak
Alet van Niekerk
Marina van Biljon
Ds John Jackson
Kultuur
Tienertoneel
Hoërskool Wilgerivier is vanaf 2014 betrokke by die ATKV-Tienertoneelkompetisie. In die ses jaar wat ons deelgeneem het, het Wilgerivier al n paar brons-, silver- en goudtoekenning huis toe gebring.
Ons is trots dat Hoërskool Wilgerivier al een van die Top 10 toneelstukke in Suid-Afrika en Namibië was, wat in die finaal tydens Aardklop deelgeneem het.
Hier kry die leerder geleentheid om verborge talente te ontdek en kry die jong akteur kans om uiting te gee aan sy / haar talente. Tydens kompetisies beleef die kind ook die teater. Wat n belewenis!