Sport
Atletiek
Om ‘n Wilgie te wees, is ‘n lewenswyse – Wilgies het ‘n sekere manier van dinge doen – hulle is anders – jy kan dit nie aan iemand oorvertel nie – jy moet dit beleef.
Wilgies is wenners – hulle weet daar is geen kortpad na sukses nie en dat sukses nie per ongeluk oor jou pad kom nie.
Die seuns- én dogterspanne verower die Multi-Greentrofeë jaar na jaar vir die beste seuns- en dogterspanne in hulle afdelings by die Multi-Green Atletiekbyeenkoms– die seuns 19 keer in 22 jaar, terwyl die dogterspan spog met agtien jaar in ‘n ry. Hierdie twee spanne se leuse is sonder twyfel: “Ek sal sterf vir Hoërskool Wilgerivier!
Verskeie provinsiale atlete word jaarliks deur Hoërskool Wilgerivier opgelewer – op atletiekgebied gee Hoërskool Wilgerivier sonder twyfel die pas aan!
Atletiek is verseker die sportsoort wat die meeste van sy beoefenaar eis. Daarom dat die uitblinker-atleet ‘n besondere mens is. ‘n Mens met ‘n ystere wil, ‘n mens met navolgenswaardige selfdissipline, ‘n mens met besondere sportmangees, ‘n mens met ‘n doel voor oë, ‘n mens wat bereid is om hard te werk en alles te gee om hierdie doel te verwesenlik. Hierdie eienskappe is dan ook verteenwoordigend van die Missie en Etos van Hoërskool Wilgerivier.
Die wenner is nie altyd die atleet wat die sterkste of die vinnigste is nie. Nee, die wenner is dié atleet wat dink en glo dat hy kán wen.
Al die spanne word afgerig deur onderwysers en bekwame ouers.