Sport
Rugby
Wilgie Rugby streef na die beste ontwikkeling ongeag die span waarin ons kinders deelneem.
Met toegewyde afrigters en ouers wat as buite afrigters optree, saam met entoesiastiese spelers, is ‘n wenkultuur onafwendbaar.
Vanaf Bulletjie Rugby tot o/19-spanne, word die seuns aan kwaliteit afrigting blootgestel in die Oos-Vrystaat, sowel as die Noord-Vrystaat A-liga. In die 15-man en 7-man formaat is daar al hoë hoogtes bereik. Met moderne fasiliteite soos ‘n “jump stretch”-gimnasium en ‘n gewone gimnasium, asook goedversorgde velde en toerusting, word die spelers tot hulle maksimum ontwikkel.
Die skool lewer jaarliks verskeie Nasionale, asook Provinsiale spelers op, onder meer: Fredrich Lombard (Springbok), Coenraad Groenewald (Noord-Transvaal) en Danie van der Merwe (Griffons).