#WILGIELAND
Ons Skool
Ons skool
Wapen

Ons Skool
Etos & Missie
Etos
Hoërskool Wilgerivier is ‘n Christelike Afrikaanse instelling waar kwaliteit opvoeding op ‘n gedissiplineerde wyse in Afrikaans aangebied word.
Missie
Die einddoel van die opvoedingsproses is om van elke skolier ‘n gebalanseerde volwassene te maak, wat homself op akademiese, sosiale- en emosionele terreine van die lewe sal kan handhaaf.
Om hierdie doel te bereik, moet die leerlinge hulle onderwerp aan streng dissipline en bereid wees om te alle tye ‘n positiewe beeld na buite uit te dra.
Die ouers moet die personeel hierin steun, terwyl die personeel hul taak op ‘n professionele wyse moet volvoer en belangstelling toon in alle skoolaktiwiteite.
Ons skool
geskiedenis
Die einddoel van die opvoedingsproses is om van elke skolier ‘n gebalanseerde volwassene te maak, wat homself op akademiese-, sosiale- en emosionele terreine van die lewe sal kan handhaaf.
Ons skool
Skoollied
Bron van ons kennis ons denke en strewe, skoon alma mater met wysheid versier, dwarsdeur ons lewe bly dit steeds ons keuse: wakker en waaksaam die hart sonder vrees.
Trou aan ons hoë besielende leuse jubel ons, arbeid veredel die gees.
Prof.B. Kok – oudleerling